Beleg van Leningrad

Beleg van Leningrad
Russies: блокада Ленинграда
Transkripsie: Blokada Leningrada
Deel van die Oosfront van die Tweede Wêreldoorlog

Frontlinie om Leningrad tussen Mei 1942 en Januarie 1943
Datum 8 September 1941 - 27 Januarie 1944
Ligging Leningrad, Russiese SFSR, Sowjetunie
Resultaat Sowjet-oorwinning
Strydende partye
Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Vlag van Finland Finland
Vlag van Italië Italië
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Bevelvoerders
W.R. von Leeb
Georg von Küchler
C.G.E. Mannerheim
Georgi Zjoekof
Kliment Worosjilof
Leonid Goworof
Ongevalle
Duitse, Italiaanse en Finse magte
Onbekend maar waarskynlik meer as 100 000 man.
Rooi Leër:
1 017 881 gesneuweldes, gevangenes of verlorenes
2 418 185 gewondes en siekes

Burgerlikes:
642 000 gedurende die beleg
400 000 tydens ontruimings

Die term Beleg van Leningrad (Russies блокада Ленинграда) verwys na die beleg van die tweede grootste stad van die Sowjetunie, die huidige Sint Petersburg, deur die Duitse weermag en Finse troepe gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die beleg het op 8 September 1941 begin, toe 2,5 miljoen inwoners (onder wie 400 000 kinders) sonder kos- en brandstofvoorrade in die stad vasgevang was, en het voortgeduur tot 27 Januarie 1944.

Volgens beramings het meer as 1,1 miljoen Leningraders van honger en koue gesterf.

Die beleg was nie daarop gemik om die stad in te neem nie, maar om sy bevolking stelselmatig van honger te laat sterf. Dit word by die afskuwelikste oorlogsmisdade gereken wat deur die Duitse weermag tydens die oorlog teen die Sowjetunie gepleeg is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne